Nudo sê daar’s middelmanne betrokke by grondhervestiging

Die sekretaris-generaal van Nudo, Joseph Kauandenge, sê dit kom vir hom voor asof amptenare in die ministerie van grondhervorming as middelmanne optree in die hervestigingsproses. Volgens hom is dit moontlik omdat daar onlangs bevestig is dat amper 60 miljoen Namibiese dollar deur die ministerie op grond bestee het en 27 892 hektaar bekom. Self die landbouminister Calle Schlettwein, meen die bedrag is te hoog. Dit werk uit op 2 150 dollar per hektaar. Kauandenge sê ses plase is gekoop wat beteken elke plaas het 10 miljoen Namibiese dollar gekos en hy bevraagteken die prys. Hy insinueer dat werknemers direk by die aankope betrokke is. Hy voeg by dat diegene wat in werklikheid grond verloor het, geen voordeel uit grondhervorming trek nie.