Nudo-kongres: Dis nie my skuld nie, sê Rukoro

Volgens plaaslike media het Joseph Kauandenge, sekretaris-generaal van die National Unity Democratic Organisation, Nudo, aspirant-partyleier Barry Rukoro die skuld gegee vir die party se mislukte verkiesingskongres. Nudo sou oor die naweek nuwe leiers verkies, maar die party se nasionale uitvoerende komitee het die kongres afgelas om ‘n moontlike fisieke bakleiery te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met Rukoro gepraat, wat die redes gegee het waarom die kongres nie gehou kon word nie.

Rukoro verduidelik die pad vorentoe.