Nudo hou kongres, Muinjangue bevestig sy staan nie

Die leier van Nudo, Esther Muinjangue het berigte dat sy ‘n ommekeer gemaak het en weer as partypresident by die kongres sal staan, weerlê. Die party sal sy langverwagte kongres die naweek hou om sy parlementslede en president te verkies. Muinjangue sê sy was baie duidelik toe sy gesê het sy staan nie weer nie.