Nudo-faksie vat hande met Swanu

‘n Faksie van Nudo, onder leiding van Barry Rukoro het in ‘n vyfjaar-vennootskap by Swanu, aangesluit. Dit sal Nudo-lede toelaat om parlement toe te gaan as lede van Swanu. Wendy Christian, sekretaris-generaal van Swanu, het aan plaaslike media gesê dat 60 Nudo-lede Swanu-lidmaatskapkaarte ontvang het. Kosmos 94.1 Nuus het met Barry Rukoro gepraat, wat sê Swanu stem saam met hulle oor volksmoordkwessies.