NTB sal heffings van N$48 miljoen ontvang

Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Toerismeraad Digu Naobeb sê die raad sal na verwagting vanjaar sowat 48 miljoen Namibiese dollar van sy heffings invorder. Naobeb het gesê dat van 2019 tot 2021, staatsbefondsing aan die raad gemiddeld 3 miljoen dollar was. Die raad moes sterk staatmaak op heffings wat van toerisme-ondernemings ingevorder word. NTB gebruik die heffings om Namibië as toeriste-bestemming te bemarking en die raad se werksaamhede te betaal. Naobeb, wat onlangs as uitvoerende hoof bedank het, se kontrak kom op 30 Junie vanjaar tot ‘n einde. Hy sê die NTB se finansiële posisie besig is om te stabiliseer.