NSFAS dra blaam vir onbestendigheid
Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is die hoofoorsaak van onstabiliteit by hoëronderwys-instellings. Dis onthul tydens uitgebreide samesprekings met verskillende rolspelers, insluitend studenteliggame. Minister Nobuhle Nkabane sê die departement hersien die skema se befondsingsmodel om sy stelsels te verbeter en probleme uit te skakel. Sy sê aanlyn aansoeke vir 2025 kan van Vrydag af ingedien word: