Nsfas-bystand ‘moet elke verdienstelike student bereik’

Die Jong Kommuniste-liga van Suid-Afrika doen ‘n beroep op die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om te verseker sy bystand bereik elke verdienstelike student, veral dié wat uit ekonomies benadeelde agtergronde kom. Die skema het tot dusver 1,4 miljoen aansoeke vir hierdie akademiese jaar ontvang. Die liga se woordvoerder, Ramatolo Tlotleng, sê die liga glo die skema sal voor die einde van hierdie week 11 000 uitstaande toelaes afhandel.