NSFAF-studente in Rusland kry ook nie hul geld nie

Die Namibiese Studente-hulpfonds het bevestig Namibiese studente in Rusland het nie toegang tot hul fondse nie. Dit volg na Westerse sanksies teen die land vir sy aanval op die Oekraïne. Volgens die Namibiese Studente-organisasie raak dit veral privaat studente in daardie land wat nie huur kan betaal of kos kan koop nie, maar dit is blykbaar ook die geval vir die fonds se studente. Kennedy Kandume, die hulpfonds se hoof uitvoerende beampte, sê voor die sanksies teen Rusland, het hulle al die studente se geld oorbetaal, maar ervaar tans dieselfde probleme.

Kandume het bygevoeg hulle is tans besig om na ander alternatiewe transaksie-metodes te kyk.