NSFAF ontvang meer as 30 000 aansoeke
Die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds het die 2023 lys vir begunstigdes amptelik bekendgestel. Die fonds het vanjaar 30 124 aansoeke ontvang, wat ‘n 30 persent-verhoging vanaf 2022 is. Altesaam 22 178 van die studente, of 74 persent, wat aansoek gedoen het, kom in aanmerking vir befondsing, volgens die waarnemende hoof van die fonds, dr. Kennedy Kandume. Dit beteken sowat 7 900 aansoekers kon nie lenings kry om hul tersiêre studies te finansier nie.