NSFAF-aansoeke sluit Donderdag

Die Namibiese studente hulpfonds se aansoek-tydperk vir voornemende studente wat finansiële hulp nodig het sluit op Donderdag, 29 Februarie. Die inligting oor hoe om aansoek te doen en al die nodige dokumente wat ingedien moet word, is op hulle webtuiste beskikbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hulpfonds se woordvoerder, Percy Tjahere, wat toekomstige studente aanmoedig om hulle aansoeke in te handig.