NSA ontken politieke inmenging met vrystelling van sensusdata

Die Namibiese Statistieke-agentskap ontken politieke inmenging met die vrystelling van statistiek. Dit kom na die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging verlede week die agentskap tien dae gegee het om die werkloosheidsyfers bekend te maak of hy wend hom aan die hof. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni sê aan plaaslike media dat die statistieke op 29 Januarie volgende jaar vrygestel sal word ingevolge sy besluit. Hy voeg by, alle statistiek word terselfdetyd aan almal vrygestel.