NSA: Mieliepryse bly styg  

Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se landbouverslag van die vierde kwartaal van 2022 het Namibië 16 253 ton mielies ter waarde van 121,8 miljoen Namibiese dollar ingevoer, vergeleke met 28 044 ton ter waarde van 126,5 miljoen dollar wat in die vierde kwartaal van 2021 aangeteken is. Witmielies het ‘n gemiddelde prys van sowat 7 228 dollar per ton in die vierde kwartaal van 2022 aangeteken, vergeleke met sowat 4 819 dollar per ton wat in die vierde kwartaal van 2021 aangeteken is. Die prys van mielies is sedert die vierde kwartaal van 2021 op ‘n opwaartse neiging.