NSA het geloofwaardigheid verloor – Rowland Brown

Cirrus-ekonoom Rowland Brown het sy misnoeë uitgespreek in verband met die Namibiese Statistieke-agentskap se versuim om arbeidsmagdata vry te stel, ‘n jaar nadat dit ingesamel is. Hy sê dit is eerder ‘n wending wat Noord-Korea waardig is as Namibië. Dit beteken dat die jongste amptelike werkloosheidsdata waarvan ons beskik is die 2018-syfers is. Dit was treurig op 33,4 persent werkloosheid. Daarna het twee jaar van min tot geen groei gevolg en toe kom Covid. Terselfdertyd het tot 300 000 jong persone die arbeidsmag betree, en hoewel dit moontlik is dat die ekonomiese groei van die laaste paar jaar sommige werkgeleenthede geskep het, is daar geen kans dat dit van ‘n vergelykbare omvang sal wees nie. Hy sê werkloosheid moet sekerlik nou bo 40 persent staan.