NSA gaan noodsaaklike statistieke-verslag vrystel

Die Namibië Statistieke-agentskap sal die Namibië noodsaaklike statistieke-verslag vir 2018 tot 2021 Woensdag vrystel. Die noodsaaklike statistieke, die rekords van geboorte en dood, is ‘n kritieke nasionale inligtingsbron om openbare gesondheid te verstaan. Die verslag verskaf inligting vir die monitering van tendense van sleutel-bevolkingsaanwysers soos die aantal en koerse van geboortes en die getalle en koerse van huwelike. Dit verskaf ook die aantal en koerse van sterftes en hul verwante kenmerke, soos tydsberekening van registrasie, ligging, ouderdom, en seks. Die agentskap se woorvoerder, Mirjam Shihepo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.