NSA dreig EPRA met kriminele klagte, EPRA oorweeg regsopsies

Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het skerp gereageer op die voortgesette weiering van die Namibiese Statistieke-agentskap om die werkloosheidsyfers bekend te maak. Die vereniging se tien dag ultimatum het verstryk. Die agentskap het in sy antwoord die vereniging met kriminele klagtes ingevolge die wet op statistieke gedreig. De Klerk sê dit kom neer op niks meer as ‘n bedekte dreigement nie en die verwysing daarna stel die agentskap se houding oor sy openbare mandaat bloot. Hy sê hulle win regsadvies in.