NSA besig met derde fase van sensus-proses

Die Namibië Statistieke Agentskap onderneem tans die derde fase van die sensuskartering. Dit is die finale fase van die sogenaamde “post enumeration survey” genaamd die versoeningsoperasie, wat van 1 tot 14 Februarie uitgevoer sal word. Beamptes sal dan na huishoudings terugkeer waar die data van persone nie klop nie. Iipumbu Sakaria, die bestuurder van korporatiewe kommunikasie by die agentskap, het aan Kosmos 9.1 Nuus meer inligting gegee oor die opleiding en voertuie wat gebruik sal word.