NRU verduidelik Burger se aanstelling
Die legendariese Jacques Burger, oud-Windhoek Draught Welwitchias kaptein, is Namibië se nuwe direkteur van rugby. Hy volg die voormalige Springbok-afrigter Allister Coetzee op. Die Namibiese Rugby Unie se raad het Burger vir die posisie uitgekies. Hy het Namibië in drie rugby wêreldbeker-toernooie verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Petrie Theron, die president van die Rugby Unie, wat die redes vir Burger se aanstelling gee.
Theron vertel ook meer van hulle planne.