NPPF-peiling sê kwessies bedreig private gesondheidsorgbedryf
Die Namibië Privaatpraktisynsforum hanteer ‘n aantal kwessies wat privaatsektor gesondheidsorgverskaffers raak. Volgens ‘n peiling wat die forum in November uitgevoer het, is die bedryf onder andere ernstig benadeel deur die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse, Namaf, wat nie vanjaar tariewe verhoog het nie. Twee-en-sestig persent van die respondente het gesê dat die impak baie ernstig was, 34 persent het gesê dit was “ietwat negatief”, en slegs 4 persent het geen wesenlike impak ervaar nie. Daar was nog kwessies, soos die ICD-10-koderingstelsel, wat gebruik moet word anders sal mediese fonds-eise nie uitbetaal word nie. Sommige van hierdie kwessies bedreig die volhoubaarheid van die private gesondheidsorgbedryf, het die forum bevind.