NovaNam koop twee diepsee visvangbote van N$320 miljoen

NovaNam het twee diepsee visvangbote van 320 miljoen Namibiese dollar vir hul visfabriek op Lüderitz gekoop. NovaNam sê dit is deel van hul beleggingsplan waar drie nuwe visvangbote van 480 Namibiese dollar tussen 2019 en 2021 aangekoop word. Minister van visserye, Derek Klaazen, het die visvangbote ingehuldig en gemaan dat vismaatskappye en individue nie die oseaan se natuurlike hulpbronne moet uitbuit nie.