Novak sukkel steeds met sy elmboog

Die wêreld-nommer-een, Novak Djokovic, sê sy elmboog is nie heeltemal gesond nie, te midde van sy voorbereidings vir die Franse Ope volgende maand. Die Serwiër het gesukkel met ‘n elmboogprobleem wat hom verlede week in die kwarteindronde van die Monte Carlo Meesters opdraende gegee het. Djokovic speel vandeesweek in die Srpska Ope in Bosnië en Herzegovina en sal in sy eerste wedstryd teen die Fransman Luca Van Assche te staan kom. Hy sê hy was nie tevrede met sy vertoning in Monte Carlo nie en hy hoop hy kan dit vandeesweek regstel.