Nova Kahkhova-dam se vernietiging is ‘n ramp – Guterres

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het die verwoesting van die Nova Kakhovka-dam in die suide van Oekraïne as ‘n humanitêre, ekonomiese en omgewingsramp beskryf. Duisende mense moes uit hul huise vlug nadat die belangrike hidro-elektriese dam verwoes is. Oekraïne en Rusland gee mekaar die skuld vir die opblaas van die dam. Guterres sê dis nog ‘n vernietigende gevolg van Moskou se inval in Oekraïne: