Nou tref weeluise Suid-KoreaNovember 8, 2023
Dis nie net in Europa waar weeluise mense laat kopkrap nie. Suid-Korea sê hy verhoog plaagbeheermaatreëls en inspeksies om die verspreiding van weeluise te voorkom ná berigte van vermoedelike besmettings by sommige saunas en woongeriewe. Die insekte het paniek in Frankryk veroorsaak, waar uitbrekings op treine en in fliekteaters kommer laat ontstaan het oor die impak op toerisme en die Olimpiese Spele in Parys, wat oor minder as ‘n jaar begin. Brittanje het ook ‘n sprong in navrae oor die plae gesien. In Suid-Korea is sowat 30 gevalle van vermoedelike besmettings landwyd aangemeld. Die premier se kantoor ‘n veldtog van vier weke van stapel gestuur om die lastige bloedsuiers te beveg.