NotInMyName-leier kry toekenning

Die leier van #NotInMyName, Siyabulela Jentile, het ‘n erkennings-toekenning ontvang van die adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, , by die derde Nasionale Mansparlement in Limpopo. Hy is vereer saam met nóg mans wat hulle beywer vir verandering in Suid-Afrika. Jentile sê die erkenning is ‘n bewys van die #NotInMyName-beweging se strewe na ‘n regverdige en gelyke samelewing, en sy voortdurende vordering wat positiewe maatskaplike ontwikkeling betref.