Nosiviwe sal eie verdediging moet betaal

Die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se versoek verwerp dat die departement haar regskoste moet betaal. Sy word van korrupsie aangekla nadat sy na bewering ‘n gunsloon van 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand van ‘n kontrakteur ontvang het terwyl sy minister van Verdediging en Militêre Veterane was. Mapisa-Nqakula is tans uit op borgtog van 50 000 rand. Die huidige minister, Thandi Modise, sê die betrokke owerhede het die saak deeglik oorweeg: