Norris spring voor weg by Hongaarse Grand Prix
Motorsport: Lando Norris spring vandag voor weg by die Grand Prix in Hongarye voor Oscar Piastri, met McLaren wat vir die eerste keer in meer as ‘n dekade die voorste ry oorheers. Die driemalige wêreldkampioen van Red Bull, Max Verstappen, het derde gekwalifiseer en is in die tweede ry saam met Carlos Sainz van Ferrari. Lewis Hamilton neem sy plek in die derde ry in na die vyfde vinnigste tyd, voor Charles Leclerc in die ander Ferrari. Verstappen is in die jaerskampioenskap 84 punte voor Norris aan die begin van vandag se wedren op die Hungaroring.