Norman moet waai sodat PGA, LIV kan praat, sê Woods

Tiger Woods sê dat as Greg Norman LIV Golf verlaat sal dit moontlik wees om samesprekings tussen die PGA-toer en die wegbreek-toernooi te hou. Hy sê daar is te veel “vyandigheid” vir samesprekings terwyl Norman as LIV-uitvoerende hoof aanbly. Hy voeg by die twee organisasies moet hul regsgedinge teen mekaar laat vaar.