Nored sukkel steeds met koperdiefstal

‘n Styging in globale koperpryse tussen 2020 en 2021 het gelei tot ‘n oplewing in koperdraad-diefstalle, met duisende kilometers se kabels wat gesteel is. Suider-Afrika word steeds deur die probleem geteister. Koperdiefstal is ‘n komplekse kwessie wat veelvlakkige oplossings vereis. Dit kan strenger regulasies op skrootmetaalhandelaars, verbeterde veiligheidsmaatreëls vir infrastruktuur en armoedeverligtingsprogramme insluit om die grondoorsake van die diefstal aan te spreek. Die situasie in Namibië blyk nie te verbeter nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Nored se hoof van korporatiewe kommunikasie, Simon Lukus, gesels oor wat in die Noorde gebeur.