Noorweë, Spanje, Ierland erken Palestynse staat amptelik

Noorweë het sy erkenning van ‘n Palestynse staat as ‘n spesiale dag geprys en Israel se gebrek aan konstruktiewe toewyding vir ‘n tweestaat-oplossing veroordeel. Die minister van Buitelandse Sake, Espen Barth Eide, sê Noorweë is al meer as 30 jaar een van die vurigste verdedigers van ‘n Palestynse staat. Die stap is met Spanje en Ierland gekoördineer, en Noorweë het verlede week aangekondig hy sal die staat Palestina van vandag af formeel erken. Israel het die besluit bestempel as ‘n beloning aan Hamas vir die meer as sewe maande van die verwoestende Gaza-oorlog.