Noordelike OK Foods-werkers begin staking

Meer as 100 werknemers van OK Foods in Rundu het begin staak en voor die winkel teen lae lone betoog. Die werkers word verteenwoordig deur die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers, Nafau. Werknemers van OK Foods in Nkurenkuru het om dieselfde rede gestaak. Nafau-verteenwoordiger, Paulus Mushongo, sê die werkers eis ‘n salarisverhoging aangesien hulle laas in 2002 vehogings gekry het. Hy sê hulle sal staak totdat daar aan hul eise voldoen word. Jose Machado, besturende direkteur van OK Foods, sê onderhandelinge is aan die gang tussen die twee partye en hy hoop dat ‘n ooreenkoms binnekort bereik sal word tot voordeel van almal betrokke.