Noordelike dele steier onder efundja

Na aanleiding van die aankoms van die tweede golf van die efundja-vloed uit Angola, het die Ongwediva-dorpsraad ‘n assessering gedoen oor die geraakte gebiede rondom die dorp en die omgewing. Volgens die skakelbeampte van die dorp, Jackson Muma, is vasgestel dat die vloei van die water in die vloedvlaktes merkbaar in vlak en spoed toegeneem het. Blokkasies by brûe is verwyder om te verseker dat die water vloei sonder onderbreking. Die raad sy nood-reaksiespan geaktiveer om die vloedsituasie te hanteer. Muma sê tot laat Woensdag was geen huishouding hervestig nie, maar die raad is gereed om die gemeenskappe by te staan. Intussen word daar berig dat die Ohangwena-streek steier onder die impak van efundja met amper 9 000 leerders en 1 300 families wat geraak word.