Noordelike boere het steeds kommer, al is kanaal in werking gestel
NamWater het ‘n pomp by die Olushandjadam se suid-wal pompstasie geaktiveer, wat water in die Etaka-Uuvudhiya kanaal vrystel om die kritieke watertekort aan te spreek. Hierdie inisiatief is daarop gemik om watertoegang vir gemeenskappe in die Omusati- en Oshana-streke te verseker. Die 130-kilometer kanaal is onlangs gerehabiliteer en is ‘n noodsaaklike hulpbron wat natuurlike panne sal help vul. Dit sal water nader aan vee bring, veral in Uuvudhiya met Opanona-meer, ‘n belangrike noordelike spilpunt waar duisende beeste wei. ’n Kleinskaalse boer in die Ondangwa landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en deel sy bekommernis.