Noorde se vloedsentrums sluit

Alle vloedverskuiwing-sentrums wat tydens die efundja in die Oshana-streek geskep is, sal gesluit word. Diegene wat in die hervestigingsentrum woon, sal huis toe gestuur word. Elia Irimari, die goewerneur van die Oshana-streek, het gesê dat die sentrums se sluiting tydens ‘n vergadering met die dorp se leierskap besluit is. Oshakati-dorpsraad het reeds ‘n assessering gedoen om die omvang van die skade te bepaal en hoe om die vloedgeteisterde gemeenskappe die beste by te staan. Oshakati-burgemeester Leonard Hango gesels met Kosmos 94.1 Nuus…