Noorde se kankerpasiënte bygestaan

Die Kankervereniging van Namibië het sy eerste Nasionale Kanker-uitreikprogram vir 2023 by die Onandjokwe-staatshospitaal naby Ondangwa gehou. Samewerking tussen die vereniging en die Dr. AB May Kankersorgsentrum by die Windhoek Sentrale Hospitaal met Onandjokwe, die Oshakati-staatshospitaal, Ondangwa Privaathospitaal en Ongwediva MediPark sal verseker dat pasiënte in die noorde van Namibië sterker verwysingsnetwerke, behandeling en opvolgondersteuning het. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.