Noorde baie ongelukkig oor brandstofprys – daling is maar 48 sent

Dit gons omtrent omdat die brandstofpryse in Oktober met 1 Namibiese dollar gedaal het, maar net in Walvisbaai. In die binneland het die pryse minder gedaal, veral weens die instelling van die brandstof-vervoertariewe, wat die goedkoper spoortariewe vervang. Jafet Nakanue, ’n vulstasie-eienaar in die noorde, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê mense is ontsteld, want hul brandstofprys het net met 48 sent gesak.

Daar word verwag dat die smokkelary van brandstof uit Angola sal voortduur.