Noord-Korea sê hy ‘sal VSA-spioenasiesatelliete vernietig’

Noord-Korea het ‘n waarskuwing uitgereik dat hy Amerikaanse spioenasiesatelliete sal vernietig as Washington probeer om die regmatige gebied van sy satellietprogram te skend. Dit volg op Pyongyang se onlangse lansering van sy eerste militêre satelliet. Die land se staats-nuusagentskap berig, Noord-Korea se verdedigingsministerie beskou sodanige optrede as ‘n oorlogverklaring. Kenners meen die ontplooiing van ‘n werkende verkenningsatelliet sal Noord-Korea se intelligensievermoë versterk, veral oor Suid-Korea, en deurslaggewende data in moontlike militêre konflikte verskaf.