Noord-Kaapse onderwysers word blykbaar nie betaal nie

Die Congress of the People in die Noord-Kaap sê hy is bekommerd oor berigte dat die provinsiale Onderwysdepartement onderwysers hierdie maand nie betyds betaal het nie terwyl ander geen salaris ontvang het nie. Onderwysers word op die 20ste van die maand betaal. Cope se woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê daar was geen bedagsaamheid of behoorlike verduideliking van die departement se kant af nie. Hy voeg by almal weet die departement word tot in die grond in wanbestuur deur onbevoegdheid en onvanpaste bestuur: