Noord-Kaapse leierskap geniet luukshede

Die DA in die Noord-Kaap sê hy is ten sterkste gekant teen die duur munisipale strategiese beplanningsessie wat die Sol Plaatje plaaslike munisipaliteit gereël het. Dit was aanvanklik van Sondag tot Dinsdag geskeduleer. ‘n Woordvoerder van die DA, Ockert Fourie, sê die munisipale bestuurder het ‘n afwykingsbevel van sowat 328 000 Suid-Afrikaanse rand vir ‘n dringende betaling aan die diensverskaffer goedgekeur: