Noord-Kaap steier ook onder bruin sprinkaanplaag

Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, Mase Manopole, doen ‘n beroep op alle boere in die provinsie om bruin sprinkaanbeheerders van die departement toegang tot hul plase te gee. Die versoek volg te midde van ‘n bruin sprinkaanplaag in minstens 37 klein dorpe ná die swaar reën in Oktober. Die departement ervaar tans ‘n uitdaging met onbewoonde of verwaarloosde plase, waar grondeienaars nie beskikbaar is nie of die sprinkaanbeheerders toegang geweier is. Die LUR se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê Poffader, Hanover en De Aar is as brandpuntgebiede uitgeken