Noord-Kaap sê alle leerders sal geplaas wees

Dit nie net plaaslik waar daar ‘n tekort is aan beskikbare plekke in skole nie. Die Noord-Kaapse Onderwysdepartement het die versekering gegee dat alle leerders teen die begin van die skooljaar geplaas sal word. Hoewel toue mense by distrikskantore in Kimberley gewag het, het die LUR, Zolile Monakali, gesê 99 persent van leerders wat aanlyn aansoek gedoen het, is reeds in skole geplaas. Hy het ook beloof alle nodige leermateriaal is afgelewer sodat die nuwe jaar seepglad kan afskop: