Noodtoestand in Alberta, Kanada oor veldbrande
Alberta in Kanada het ‘n noodtoestand aangekondig met veldbrande wat oor die provinsie opgevlam het en 25 000 mense gedwing het om te vlug. Een derde van die brande is as buite beheer gelys. Die provinsie se premier Danielle Smith sê ‘n warm, droë lente dryf die vure aan maar, het erken dat dit eintlik ‘n ongekende situasie is. Volgens Smith is meer as 20 gemeenskappe ontruim en het minstens 122 000 hektaar tot dusver gebrand.