Noodoproep lei na gru-vonds in Pretoria-gebou

Twee ontbinde liggame is in die kelderverdieping van ‘n gebou op die hoek van Bosman- en Pretoriusstraat in Pretoria ontdek. Tshwane-nooddienste het aanvanklik op ‘n noodoproep gereageer en ‘n beseerde man gevind wat deur ‘n hysbak geval het. Toe hulle hom gered het, het hulle die liggame, wat in water gedryf het, ontdek. Die woordvoerder, Charles Mabaso, sê die toneel is tot ‘n misdaadtoneel verklaar en die polisie ondersoek die oorsaak van dood.