Nood is groot – Droogtehulp Namibië

Die droogtehulp wat pas deur die regering afgekondig is, is net van toepassing vir die tydperk Julie tot Desember 2023 en sluit net sekere streke in. Op die oomblik word net die Kunene-, Erongo-, Omusati, Omaheke-, Hardap- en Karas-streke gedek en in sommige streke is dit net sekere dele. Daar is beroepe dat Otjozondjupa en Khomas, sowel as die Zambzi-streek ook ingesluit word maar, dit moet met die kantoor van die eerste minister bespreek word. Henriette le Grange van Namibië Boere Droogtehulp sê die uitdagings is baie groot.