Nomade-visum in Suid-Korea ingestel

Suid-Korea het die instelling aangekondig van digitale nomade-visums vanaf Maandag. Dié visum, wat die nomadiese-verblyf-neiging akkommodeer, sal buitelanders toelaat om vir tot twee jaar in die land te bly. Die stelsel laat werknemers en werkgewers van oorsese firmas toe om virtueel afstandwerk te doen terwyl hulle Suid-Korea verken. Geskiktheidskriteria sluit in, ‘n jaarlikse inkomste van meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar, indiensnemingsverifikasie, en ‘n minimum van een jaar se ondervinding in die spesifieke arbeidsveld. Aansoekers moet ook besonderhede verskaf van hul misdaadrekord en bewys lewer van privaat gesondheidsversekering.