Nolte verloor haar jagluiperds

Regter Collins Parker het die aansoek deur Ingrid Nolte om haar twee jagluiperds te behou, van die hand gewys. Die Keetmanshoop-boerin het gepoog om te keer dat die omgewingsministerie hulle verwyder. Nolte, van plaas Gariganus wat Quiver Tree-ruskamp bedryf, het Nika en Zandile blykbaar in April 2018 gered na sy ‘n oproep van ‘n skaapboer ontvang het oor die twee wat nog welpies was. Sy het hul gehaal omdat hulle lewens in gevaar was, sonder die nodige vervoerpermit maar, het in Junie 2018 aansoek vir aanhoudingspermitte gedoen. In 2020 het sy ‘n skulderkenning betaal omdat sy die diere sonder permitte aangehou het. Dus sê die ministerie, was sy bewus dat sy nie toestemming gehad het om hulle aan te hou nie en dat hulle aan die staat behoort en nie aan haar nie. Haar prokureur het aangevoer dat die bande tussen haar en die twee baie sterk is en dat hulle ook nie vrygelaat kan word nie.