Nog WGO personeel in Gaza dood

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy skok uitgespreek nadat een van sy personeellede in Gaza dood is. Die organisasie se sekretaris-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê Dima Alhaj is langs haar ses maande oue baba, haar man en twee broers dood. Volgens berigte is 55 familielede wat in dieselfde huis in die Palestynse gebied geskuil het, ook dood. Ghebreyesus sê hulle is verpletter en het geen woorde om hulle hartseer uit te spreek nie. Sedert 7 Oktober is 108 WGO-personeellede in die Gaza-konflik dood.