Nog Wagner-soldate sneuwel in Mali

Minstens sewe huursoldate van Rusland se Wagner private militêre kontrakteursgroep is dood in ‘n aanval in sentraal Mali wat deur ‘n filiaal van Al-Kaïda in Noord-Afrika uitgevoer is. Wagner het voorheen swaar verliese gely in Julie in skermutselings met oorwegend Tuareg-rebelle en Islamiete naby Mali se grens met Algerië. Mali en sy bure Burkina Faso en Niger sukkel om separatiste en magtige uitlopers van Islamitiese Staat en Al-Kaïda wat die afgelope 12 jaar dele van die gebied in die Sahel beset het, in bedwang te hou.