Nog waarskuwings oor Namibiese tender-slenter
Die Ministerie van Werke en Vervoer asook die Handelsministerie het hul stemme gevoeg by die van die Namibiese polisie oor ‘n bedrogspul wat tenders nooi. Die ministerie en die polisie waarsku dat ‘n dokument wat gesirkuleer word en meestal internasionale maatskappye teiken oor tenders, ‘n bedrogspul is. Die slenter vra maatskappye om te tender om huise en winkelsentrums in Lüderitz en Oranjemund te bou. Betalings vir tender-aansoeke wissel van 15 000 Namibiese dollar tot 17 000 dollar. Die publiek word versoek om versigtig te wees met tender-prosesse om nie slagoffers van bedrog te word nie.