Nog vordering in toegang tot chroniese medikasie

Namibië het verlede jaar 94 miljoen Amerikaanse dollar, gelykstaande aan 1,5 miljard Namibiese dollar, deur die Amerikaanse President se Pepfar-program ontvang om Namibië se MIV- en TB-voorkoming, sorg en behandeling te ondersteun. Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry het tydens die oorhandiging van 19 Pelebox Smart Locker-toestelle aan die gesondheidsministerie by die Katutura-hospitaal gesê dat anti-retrovirale medisyne nou gratis en meer toeganklik is vir Namibiërs. Die toestelle verbeter dienslewering aan pasiënte om toegang tot chroniese medikasie te vergemaklik en word regoor die land versprei.