Nog veediefstal, in die Suide, aangemeld

Twee gevalle van veediefstal is in die Suide aangemeld. Op die plaas Witdam in die omgewing van Schlip is twee Namibiese mans van 38 en 47 jaar oud in hegtenis geneem nadat hulle glo skape uit die klaers se kamp tot by hul werkgewer se plaas gejaag en twee skape geslag het. Twaalf skape is in die kraal gevind, asook die twee skaapkarkasse. Die skape word gewaardeer teen 30 800 Namibiese dollar. By Gibeon is ‘n 44-jarige Namibiese vrou in hegtenis geneem nadat sy in besit van 11 bokke gevind is. Sy en twee ander verdagtes het glo die vermoedelik gesteelde bokke probeer verkoop in die informele nedersetting Namneb op Gibeon. Sy kon nie eienaarskap van die bokke bewys nie. Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet. Die polisie-ondersoek in beide sake duur voort.