Nog twee vas vir Sycamore Gap-boom

Nog twee mense is in hegtenis geneem in verband met die afkap van ‘n bekende, eeue oue boom in September in Northumberland, Engeland. ’n Man en ’n tiener is kort na die voorval aangekeer, wat wêreldwyd veroordeel is. Die boom, bekend as die Sycamore Gap, was ongeveer 300-jaar-oud en het ‘n toerisme-aantreklikheid geword nadat dit in die rolprent van 1991, Robin Hood: Prince of Thieves, verskyn het. Die boom het langs Hadrianus se muur gestaan, uit die Romeinse tyd. Historic England sê die muur is ook beskadig toe die boomstam verwyder is.